Dagsorg | Strandlopertjies | Cape Town
top of page
two-children-sitting-down-playing-with-l

Klein voetjies. Groot spore.

Welkom by Strandlopertjies

Welkom: Welcome

'n Dagsorg in die Strand.

Vir mammas en pappas, deur 'n mamma en 'n pappa.

Welkom: Text
Kindergarten Classroom

Ons Klassies

Strandlopertjies gee ons kinders die perfekte begin.

Welkom: Programs
Image by Picsea

Strandkruipertjies

Ons Baba-program

Om jou kosbare bondeltjie in iemand anders se sorg te los, is vir 'n Mamma (en 'n Pappa) 'n ongelooflike moeilike stap. Elke kleintjie wat aan ons toevertrou word, word versorg met liefde en omgee. Ons stuur gereëld foto's en boodskappe, sodat ouers kan sien hoe dit met hulle baba gaan deur die dag.

_edited.jpg

Strandlopertjies

Ons Kleuterprogram

Hulle is aan die beweeg en dit is heerlik!

Ons het 'n veilige, intieme en prettige omgewing waar kleuters kan klim, klouter, en ontdek. Binne en buite die klas is daar apparate en speelgoed wat die kleintjies se nuuskierigheid sal prikkel en hul verbeelding verryk.

​

Deel van ons daaglikse roetine is stories luister en lees, kreatief wees, sing, gediggies leer en goeie slapies maak.

Hoekom Strandlopertjies?

Die rede vir ons bestaan.

Toddler with Toys

Ons wil 'n liefdevolle, veilige en ondersteunende dagsorg bied vir gesinne in die Strand omdat ons ook ouers is.


Ons glo dat 'n kind floreer in die regte omgewing. 'n Omgewing wat hulle uniekheid omhels terwyl dit geleentheid bied om emosioneel, sosiaal en kreatief te groei.


By Strandlopertjies wil ons hê dat elke kind moet weet dan God hulle lief het.

​

Welkom: Our Mission

Die Span

Mammas met 'n passie

By Strandlopertjies stel ons passievolle, toegewyde en omgee-mammas aan wat streef daarna om 'n verskil in kinders se lewens te maak.

PHOTO-2021-06-05-18-47-39_edited_edited.jpg

Ditha

Mamma, Juffrou, Entrepreneur

Ditha is 'n mamma van twee dogtertjies. Sy is 'n gekwalifiseerde grondslagfase-onderwyseres en het 8 jaar skoolgehou.

​

"Ek kon dit nie meer oor my hart kry om my babas af te laai by 'n plek wat ek nie voel reg was nie.... 'n mens se hart weet mos net."

​

Welkom: Team Members

Kontak Ons

Kontak Ditha per e-pos of WhatsApp

079 928 6323

Welkom: Contact

Strand, Cape Town, South Africa

  • Instagram
  • Facebook

©2021 Strandlopertjies

bottom of page